By Lede in Christus Vereeniging is dit ons passie om vir jou ‘n geleentheid te bied waar jy ‘n lewensveranderende ondervinding in die Here kan hê.
Almal is welkom, ongeag jou agtergrond en waar jy jou op jou lewensreis bevind. Ons wil graag ons Here Jesus Christus se liefde deur middel van vriendelikheid en omgee aan mense oordra.
Ons nooi u hartlik uit om die Heilige Gees te kom ervaar in geïnspireerde dienste en om deel te raak van ‘n Christus- familie wat poog om Bybelse waarhede op ‘n praktiese manier in hulle daaglikse wandel uit te leef.
Dit is vir ons ‘n voorreg om jou aan ons gemeente voor te stel!